Raap, Skraap en Na-aap Resepte

raap-skraap-en-na-aap-resepteUit Kameeldrift-Kombuis

Uitgegee by geleentheid van die 25-jarige fees van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift

1976-2001

 


Voorwoord:

Kameeldrift se susters is as bobaaskosmakers bekend. Vandat ek kan onthou was daar al sprake van die uitgee van ‘n resepteboek.  Min het ek geweet die voorreg gaan my toekom om die samesteller van die resepteboek te wees.

Ons het mos die gawe om soos Chris Barnard gesê het, elke jolige uur na te jag tot ons hom ingehaal het.  Hierin was die saamstel van die resepteboek ook nie anders nie – daarom dalk die bietjie anderse karakter.

Elize van der Walt


TAFEL-ETIKET-MET-‘N-VERSKIL

“Asseblief” en “dankie” is uit-  rek as jy iets nie kan bykom nie!

Sit jou elmboë op die tafel – waar anners?

Sit in ‘n gemaklike, lê-houding!

Jou servet is daar vir ‘n doel  –  gebruik dit as ‘n sakdoek.

Dit is slegte maniere om met ‘n mond halfvol kos te praat  – maak hom vol!

‘n Lekker atmosfeer aan tafel soos ‘n geskree en baklei demp die eetlus!

Lek jou mes af –  dit is goed vir jou skerp tong!

Gebruik ‘n vurk in plaas van ‘n tandestokkie!

 

Let wel:

Goeie tafelmaniere laat kos altyd lekkerder smaak!