Huldeblyk uit Die Kerkblad Augustus 2020

In dankbare herinnering …

 

Ds. BCG (Ben) Fourie

2 Mei 1961 – 1 Junie 2020

 

Ds. Cassie Aucamp

 

Wat ’n genade! Ons het my boesemvriend en swaer Ben Fourie al so dikwels in ’n kritieke toestand in ’n intensiewe sorgeenheid besoek. Pype, asemtoestelle, die laaste keer selfs ’n ventilator. So amper kon hy toe gegaan het. Ag, nou amper 11 jaar gelede, die aand met die 2009-Partikuliere Sinode juis in Kameeldrift se kerkgebou, met mond-tot-mond asemhaling om die hospitaal te haal.

 

Maar sy Vader wat Hom in sy diens geroep het, het dit so beskik dat sy dienskneg Barend Christiaan Greyling Fourie besig was met dit waarvoor hy die liefste was … besig met ’n Bybelstudie uit 1 Johannes toe hy agter sy lessenaar hierdie lewe getroos maar ook werkend verlaat het. Die reuse aneurisme waarmee hy die afgelope jare soos ’n tydbom saamgeleef het, moes gebars het. En simbolies van sy hele bediening van 34 jaar: Susan aan die ander kant van die lessenaar, sy steunpilaar en sy metgesel, besig om sy Bybelstudie te proeflees.

 

Bedienaar van die Goddelike Woord

Ben was ’n talentvolle man, deur die Here gekroon met gawes wat hom in haas enige beroepsveld sou laat uitblink, maar Ben wou net wees: Bedienaar van die Goddelike Woord. ’n Dominee in die ware sin van die Woord. Daarin het hy hom verlustig. Om te preek sy grootste vreugde. Selfs in sy siekte was swaer Ben jaloers op sy preekstoel.

 

Ons kan van Ben se preke baie dinge sê: die grondige eksegese, direk uit die grondtale, sy lewensraak toepassing, noem maar op. Dit het baie dominees. Maar wat ds. Ben Fourie ’n unieke prediker gemaak het, was daardie opwinding, daardie verwondering waarmee hy die skatte van die Woord ontvou en uitgedeel het. Amper soos ’n oupa wat meer opgewonde is oor sy geskenk aan sy kleinkind as die kleinkind self.

 

Die Bybelstudie waarmee Ben besig was toe ons Vader hom kom neem het, was 1 Johannes. Waar Johannes juis vir ons wat nie by was nie, vertel: Wat ons gesien en gehoor en met ons hande getas het aangaande die Woord van die lewe, verkondig ons aan julle … sodat julle met ons daarin kan deel. Ben het gepreek … asof hy dit self gesien, self uit die Here se mond gehoor het.

 

Akademikus

Ben het Hebreeus en Aramees geken soos ek Afrikaans ken. Hy het sy Meestersgraad in Aramees behaal. En vir jare en jare kon sy studente by Mukahnyo met volle teue drink, nie net uit die Hebreeus en die Aramees nie, want elke klas van Ben was ook ’n oopvou van die openbaringsgeskiedenis waarmee hy hulle lewens verryk het.

 

Kerkverband

Net so was dit met al Ben se werk in die kerkverband. Die unieke en die besondere daarvan was dat Ben deur sy werk in die GKSA lewens aangeraak het, mense verryk het. Ek noem veral twee daarvan.

 

Sy bediening aan ons kerkjeug staan voorop. Ben se entoesiasme, sy deurleefdheid het eenvoudig oorgespoel in talle en talle jong lewens en harte. Die vader van die Mootkampe. En ’n aansteeklike energie wat met ’n paar akkoorde van daai trekklavier die kamp laat lewe het. Ek weet van ’n hele paar dominees wat as studente hulle inspirasie op Ben se jeugkampe gekry het … gaan vra hulle maar self.

 

Dan: sy besondere verhoudinge met leraars van ander Gereformeerde Kerke die wêreld oor as Deputaat Ekumenies Buitelands. Hoe het deputaatskap nie telkens vriendskap, broederskap geword nie, met Ben en ons buitelandse kollegas dikwels diep in die Bosveld om ’n hardekool te deel. As jarelange Deputaat Korrespondensie van Streeksinode Pretoria was alles ook altyd gereed en georden.

 

Kameeldrift

En Kameeldrift? Vir 34 jaar het die Here aan hierdie gemeente nie net ’n opgewonde prediker geskenk nie, maar ook ’n deernisvolle, deurleefde pastor wat langs sy lidmate gestaan het in hulle aanvegting, hulle nood, hulle hartseer.

 

Maar ook ’n veelsydige dienaar. So ’n veelfasettige bediening … in 34 jaar het sy gemeente nooit moeg geword vir hom nie. (Baie keer wel moeg van hom!) As hierdie ou kolos voorgestap het, was dit voetjies optel om by te bly.

 

Susan

En as Ben siek geword het … moenie dink die gemeente kon bietjie rus nie, want Susan is nog daar. En dan is daar na nog ’n hoër rat oorgeskakel. (Ou Sus, ek weet nie of daar van die onderdanigheid waarmee ek julle 38 jaar gelede uit Efesiërs 5 getrou het, veel gekom het nie, maar inderdaad van metgesel wees en kameraad wees en hulp en krag … ongelukkig of dalk gelukkig kan ek nie sê “stille krag” nie, want “stil” ken jy nie). Ons liewe Vader het goed geweet om vir jou en Ben aan mekaar te gee, want niemand anders sou met een van julle kon uithou nie … of moet ek liewers sê “kers vashou” nie.

 

Susan, hoe jy vir Ben ondersteun het sy lewe deur, maar by uitstek hierdie laaste 11 jaar sedert hy die eerste keer ernstig siek geword het, is net genade van die Here. Almal wat vir Ben liefgehad het, kan maar net sê: God sy dank vir jou …

 

Fourietjies

En daarmee natuurlik: al die Fourietjies. Nou nie meer Fourietjies nie, maar menere, en ’n dame, met hulle lewensmaats. Reynold, dominee van Belleville-Oos. Wat ’n voorreg om Ben en Susan Fourie se kinders te wees. Drie seuns, en twee dogters. Die jongste enetjie, Eulisma, het haar pa al meer as 20 jaar gelede vooruitgegaan.

 

Ons kan maar net na die fotos kyk en na die stories luister van julle familietoere in die hart van Afrika … om te sien: Hier is ’n gesin wat deur die Here geseën is met liefde en eenwees. Ek weet julle gaan julle pa so baie mis, so baie keer sy raad en sy daarwees soek … maar leef maar net uit die kapitaal wat hy vir julle nagelaat het … lewenskapitaal, mensweeskapitaal.

 

Lewe voor die dood

Een van Ben se talle en talle raakvat-gesegdes was: Daar is lewe voor die dood. Dit het hy beleef en geleef, konkreet en werklik. En nou beleef hy dit wat hy geglo het, net so konkreet en werklik: Daar is ook lewe ná die dood. En ons weet dat ons Vader dit aan hom in Christus Jesus geskenk het: ’n saligheid wat geen oog gesien, geen oor gehoor, en in die hart van geen mens opgekom het nie … en dit om God ewig te loof en te prys. Iets wat hy reeds hier op aarde so geniet het. DK

………………………………………………………………………………………………………………………..

Hier volg briewe wat ontvang is van medelye aan wyle ds Ben Fourie:

Geagte kerkraad van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift

Dit is met hartseer dat die kerkraad en gemeente van die Gereformeerde Kerk Totiusdal verneem het van die afsterwe van Ds Ben.

Vir ons is die afsterwe van ‘n geliefde altyd hartseer,maar ons as Christengelowiges kan daaruit ook vreugde en dankbaarheid beleef omdat ons weet dat Ds Ben nou hierdie ewige vreugde en dankbaarheid beleef.

Mag die Here u as kerkraad en gemeente ryklik deur sy Woord en deur sy Gees vertroos.

Broedergroete

JJ (Mias) SMIT

SKRIBA BREë KERKRAAD    

Gereformeerde Kerk Totiusdal      

**********************************************

Die Gereformeerde Kerk Kameeldrift
Liewe broeders en susters
Hiermee wil ons gemeente aan elkeen van u ons innigste simpatie uitspreek met die
afsterwe van u geliefde leraar. Ds Ben het deur die jare diep in die harte ingekruip van
almal met wie hy te doen gehad het. Hy was bekend vir sy hardwerkendheid, lojaliteit
en liefde vir die saak wat hy gedien het.
Hy sal baie gemis word hier by Derdepoort, maar ook in die breë kerverband. Ons is
dankbaar vir die pragtige gawes en talente wat die Here vir hom gegee het, waaruit
ons almal kon put. Fisies sal sy plek leeg wees, maar in ons gedagtes sal ons hom altyd
koester. Die Bybel troos ons met so baie skrifgedeeltes. Ons weet dat Ben losgekoop is
met die kosbare bloed van Christus, soos ons ook die versekering kry in die eerste brief
van Petrus.
Ons glo dat ons Hemelse Vader julle in hierdie tyd van beproewing en hartseer sal dra
en onderskraag. Baie sterkte vir julle hele gemeente. Wees verseker dat ons as julle
broers en susters vir julle bid.
Liefdegroete
Jackie Tredoux Hardus Lee
SKRIBA VOORSITTER

**************************************************

Die Kerkraad
Gereformeerde Kerk Kameeldrift
Geagte Broeders,
Die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Rietvallei het met hartseer kennis
geneem van die afsterwe van Ds. Ben Fourie op Maandag 1 Junie 2020.
Ons dank die Here vir die mooi gawes waarmee hy Ds. Ben geseën het en dat
hy tot op die einde met sy dienswerk kon voortgaan. Ons bid dat die Here die
Kerkraad en gemeente van Kameeldrift sal vertroos en dat Hy julle in hierdie
beproewende tyd innerlik sal versterk. Mag Hy julle ook lei in al die reëlings wat
in hierdie moeilike tyd van inperking getref moet word.
U Broeder in Christus

SKRIBA

*********************************

Liewe Susan en kinders
Ons innige meegevoel met die afsterwe van ds Ben.
Gelukkige en Mooi herinneringe saam deur gebring  by Kameeldrif Gemeente.
Mag Ons Vader julle vertroos, bemoedig en genadig wees  soos net Hy kan.
Met liefde
Carla en Floors Aucamp
Oud gemeentelede
Fraaiuitsig
Kleinbrak Rivier
Kontak 072 4325992

**********************************

Beste Susan en die gemeente van Gereformeerde Kerk Kameeldrif

Ons is innig jammer om te verneem van die afsterwe van ds Ben Fourie. Wees verseker
van ons innige meelewing in hierdie tyd met julle groot verlies. Ons bede is dat die Here
jull ryklik sal vertroos en versterk deur Sy Gees. Mag julle bemoedig word deur die
woorde in Romeine 14: 8:

“As ons lewe, leef ons tot eer van die Here;
en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here.

Of ons dan lewe of sterwe,
ons behoort aan die Here”

Groete in Christus

Gawie Jooste
Registrateur
(Nms die Predikante , Raad van Ouderlinge, diakens, gemeente
en kerkkantoorpersoneel)

*******************************

Aan Susan familie en gemeente

Troos en genade van Hom aan wie ons toe behoort (Sond 1)
 
Kobus v Tonder (emm. Krugersdorp-Wes/Magalies)
*****************************

Liewe Susan,

Ons innege simpatie vir jou en die kinders. Ons dink aan julle in hierdie harseer tyd.

Ek is seker Ds Ben het alreeds n braai in die hemel gereel en maak musiek!

Liefdegroete uit Switzerland

Eddie, Astrid, Nina, Annabel en Phoebe Coetzer

************************

Geagte broeders en susters

 Die Kerkraad en gemeente het met leedwese kennis geneem van die afsterwe van u leeraar, Ds. Ben Fourie.

Ons bid u die vertroosting  van die Heilige Gees toe in hierdie tyd. Mag die Here Sy hand  oor u almal hou en u laat vashou aan Sy groot genade.

Baie seën en sterkte in hierdie tyd van beproewing.

Met groete en heilwense,

nms Kerkraad en gemeente

Oudl Frik Eloff

Skriba                   

 

          

Liewe Kameeldriwwers:

Ons verstaan almal die krisis waarin ons wêreld en ons land gedompel is!!

Dit veroorsaak noodgedwonge dat ons ander uitkomste moet bedink om steeds ons roeping uit te leef.  Dit moet ons binne die nou kring van ons huise doen, minstens vir die volgende drie weke.  Ons wil graag die volgende aan julle deurgee:

Ons gemeente is a.g.v swak internetverbinding, nie gerat om direkte lewendige uitsendings te doen nie.  Om dit te ondervang, kan julle elektronies inskakel by ander gemeentes se uitsendings.  Die volgende webwerf gee verskeie opsies:  www.cjbf.co.za/uitsaaidienste.html

Ek gaan huisgodsdiensgesprekke deurgee op Whatsupp en per epos.  Dit sal verteerbare leesstof bied om as gesin gereeld te gebruik.  (as iemand enige ander vrae of tekste het, sal ek dit op facebook of ons webwerf hanteer)

Persoonlike gesprekke kan ook met my opgeneem word per telefoon of Whatsupp.

Ek sal ook poog om per afspraak met lidmate d.m.v elketronika kontak te maak.  Daar is ‘n magdom moontlikhede.  Dit sal dien as “huisbesoek oor die foon”

Ons wil graag die Here eer.  Kom ons bid gereeld vir mekaar. “Ek wag op die Here en ek hoop op sy Woord”  Ps 130.5

Liefde Ds Ben Fourie

 

HOE HOU JY DIE BALLE BO?

Dit was die tema van blok  1 se  Sustersvergadering van 4 Maart.  Rentia Landman het op ‘n praktiese manier vir ons kom leer hoe die Kameeldrift sussies dit kan regkry deur deeglike beplanning, lysies maak, te preoriseer, en samewerking in die huis en by die werk te kry.  Spanning saam met die baie balle in die lug, maak mens afgemat en moeg.  As jy gelukkig en positief in jouself is, sal dinge sommer makliker en vlotter verloop in jou besige dag. 

  • Wees suinig met jou energie. Al sê jy vir baie dinge “ja”, is gelukkig wees ‘n keuse wat jy maak. Hou vas aan die positiewe dinge in jou lewe.  Staan tyd aan ander af, anders isoleer jy jouself en raak afgestomp.
  • Beplanning: waarmee is ek goed?  Maak ‘n opsomming van jou “bates” en “laste”: ‘n gelukkige mens hou meer balle in die lug as een wat altyd pessimisties is.  Doen eers die nare en minder lekker dinge, dan is daar veel meer tyd vir die lekker dinge om te doen.
  • Preoritiseer jou tyd: belangrike take, minder belangrike take. Moenie altyd verskonings soek nie, doen net!  Kyk eers ook na jou eie welsyn want as jy self negatief voel, gaan die take vir jou te veel en die berg te hoog lyk.  Kyk na jou huwelik, kinders, finansies, werksplek, gemeenskap en kulturele sake en beplan jou dag daarvolgens.
  • Saamwerk met ander in die huis en werksplek kan soveel meer pret wees! Wees entoesiasties en kommunikeer met mekaar. Sit saam en werk saam.  Deel take sodat nie net een verantwoordelik is vir die balle in die lug nie!
  • Swaar kry met lekker kry laat klaar kry!
  • ‘n Dag met gebed omsoom, rafel nie uit nie! Begin jou dag met stiltetyd en raak rustig saam met God.
  • Doen gereëld oefeninge. Dit bou gesonde liggaam wat weer gesonde gees huisves.
  • As jy in ‘n ry moet staan en wag, doen ontspanningsoefeninge! Moenie sug en verveeld raak nie, raak aktief!
  • Elektroniese vakansie: los vir ‘n ruk die selfoon, face book, eposse en sosiale media.
  • Multi tasking bestaan nie.  Fokus op een ding op ‘n slag en doen dit deeglik.
  • Doelstellings: Bokant die balle, is daar doelstellings.
  • Leef gesong, wees rustig in jou huis, doen deeglike beplanning.
  • Soms gebeur daar onvoorsiene dinge wat jou beplanning in die wiele ry.
  • Jy mag soms impulsief wees
  • Doen een dag net lekker dinge en ontspan saam.
  • Waardeer mekaar
  • Hanthaaf jouself temidde van indoktrinasie van die media
  • Wees gelukkig in jouself
  • Begrotings werk nie altyd uit nie, dis ook goed soms.
  • 10 Sekondes reël: as dit op die grond val, tel op
  • 2 Minute reël: as jy dit nou kan doen, doen dit dadelik
  • 15 Minute reël: moenie uitstel as jy net kort tydjie oorhet nie
  • Reël: moenie eie integriteit breek nie, as jou wekker afgaan en jy wil graag omdraai, tel 3-2-1 en staan op!!

‘n Heerlike aand propvol heerlike dinge!  Die saal was weer pragtig versier met helium balonne en lantêrens in sagte kleure.  ‘n Vrolike klompie tafels met vrolike vroue.  Die voorgereg kaas en beskuitjies, die hoofmaal heerlike wraps met ‘n hoender-verrassing daarin en ‘n borreldende sjokolade fonteintjie met die heerlikste malvalekkers, turkse lekkers, skuimpies, aarbeie en gemmerbeskuitjies as nagereg.  Wat ‘n fees vir die oog en die maag! Ons het geleer om die oulikste handsakkaartjie te maak. Voorwaar ‘n wonderlike manier om ‘n vol dag mee af te sluit.

Dankie Hetta en blok 1 vir die puik aand!

Geskryf deur Plant Steyn….

Baie welkom by ons, mag ons elkeen hierdie jaar Sy genade ervaar en voluit lewe,  ons

wense vir 2020 is dat elkeen hier ‘n tuiste sal vind.  Ds Ben se tema vir die jaar is

WEES FEESGEREED!  Ons hoop dat by elke erediens, funksie en bymekaarkom

geleenthede ons ook die boodskap sal kan toepas, mekaar sal kan ondersteun, vertroos

en natuurlik kan opbou!  Baie sterkte vir die jaar!

 

Benita Malan uit die kantoor

 

Sustersopening 6 Februarie 2020

As jy dalk nie die geleentheid bygewoon het nie, beplan nou al jou dagboek vir die res van die jaar se sustersbyeenkomste. As die res van die jaar se funksies so gaan wees soos die een, gaan ons ‘n FEES hê!  Ons tema is:  Leef  Feestelik!

Wat ‘n funksie! Wat ‘n fees vir die oog, sowel as die oor. Tafels gedek in ‘n bont wonderwerk van kolle, strepe en polkadots. ‘n Bolatafel met die heerlikste pienk konkoksie begroet ons by die voordeur van Keurboom.  Tafels wat kreun onder ‘n feesmaal van mini warmbrakkies, hamburgers en die oulikste botteltjies met slaai en sousies gevul.  Om nie te praat van die poedingtafel propvol mini plaatkoekies met karamelsous en wafels met room en ‘n verskeidenheid sprinkels te kies en te keur!

Dominee Giepie spreek ons toe oor hoe om ‘n praktiese verhouding met God te kan hê en Hetta vergas ons met haar engelstem.

Spoke word getrek en nuwe intrekkers welkom geheet.  Daarna kon ons  smul aan die heerlike kos.  Wel gedaan Bestuur! Dit was weereens ‘n formidabele aand!  Sorg dat jy beslis volgende keer weer kom aansit aan die feestafels en kom verryk jouself geestelik en liggaamlik.  Kameeldriftsussies, julle is fantasties!

 

 

Mandjiemark 2019

 

Vroeg in die jaar is ons Kameeldriwwers al daaraan herinner om te begin motorhuis opruim, kaste leeg te maak en items te begin vervaardig vir ons groot verkoping.  Vrugte-tyd is ons vermaan om te begin inlê, konfyt kook en bottels bymekaar maak vir deli-produkte. 

Skielik was daar veel minder rommel in die garage en die kaste was sigbaar leër!!  Ja, as ons opgeroep word om te spring, dan vra ons : “hoe hoog”? Ja ,ons antwoord op die roepstem met  groot passie en ywer.

So word daar tente opgeslaan, vlaggies gehang, koeke gebak, poedings gemaak, en veral  kaartjies vir die die Groot Ontbyt  gesmous! Ongeveer 260 ontbyte is verkoop. Van vroeg tot laat word daar soos skrophoenders op die Kerkwerf geskrop.   Groot hoeveelhede groente  is vroeg reeds begin verbou om te kom verhandel.  Die mannetafel is gestok met tange, houtwerk, belde, selfs ‘n veevoerder is geskenk.

In die  feestlike teetuin is daar heerlike koffie en koek bedien.  Die pap en kaiings is grif verorber en die ontbyt was ‘n enorme sukses.  Vir die kinders was daar ‘n pretloop met allerhande speel geleenthede en daar is selfs plantjies geplant langs die roete.  Die vleistafel het gekreun onder vleisprodukte.  Pannekoek is gebak by dosyne. Die handwerktafel was vol vrolike geskenkies, gereed vir Kersfees.  Gebottelde produkte is flink verkoop.  Natuurlik het die gebaktafel ook groot aftrek gekry en omdat niemand wou aandete maak nie, is die worsbroodjies vinnig uitverkoop.

Musiek het vir ‘n vrolike atmosfeer gesorg.

‘n Wonderlike gesellige dag soos net Kameeldrift dit kan aanbied.  Dankie aan almal wat deelgeneem het.

Die finale wins moet nog bepaal word en dan sal ons dit bekend maak. Hannes Buys ,die kassier is tans met verlof.

 

Plant Steyn

 

Verhouding-slypnaweek by Bosveld Oase Deur Marelise Maré 30 Augustus tot 1 September 2019

Ses egpare het verlede naweek saam met Ds Ben en Susan Fourie by Bosveld Oase, buite Brits gaan uitspan vir ‘n naweek van pitkos oor die huwelik, heerlike saamkuier en die lekkerste kos was om die beurt deur spanne van twee egpare aan die res van die afgevaardigdes opgedis is.

Vrydagaand is daar heerlike ribbetjies gebraai met pap en sous en ‘n slaai wat selfs tot Sondag toe nog ‘n gunsteling was.

Die aand se sessie het oor vergifnis gehandel. Dit was veral geskoei op Psalm 51 en 32 en die egpare is toerusting gebied oor hoe ‘n vrag skuld jou verhoudings kan inhibeer. Die sewe eienskappe van ware bekering is ook hier uitgelig.

 

Saterdagoggend is afgeskop met beskuit, muffins en koffie, waarna die sessie oor Bybelse riglyne vir die huwelik gevolg het.

Hier is veral Gen 2, Maleagi 2, Spreuke, Hooglied, Efesiers 5 en Kolosense 3 ingespan om leiding te gee. Verskeie verhoudingsmodelle is bespreek en die egpare het die geleentheid gekry om hul onderskeie huwelike hiervolgens te identifiseer. Daar is riglyne verskaf oor hoe om die verskillende verhoudingstipes te verbeter – wat daarop gedui het dat geen huwelik sonder die Here as middelpunt kan funksioneer nie.

Na ‘n heerlike laatoggend-ontbyt wat deur twee van die egpare voorberei is, het die egpare hulself getoets in ‘n persoonlikheidstipe-vraelys, wat baie bewusmaking en begrip tot gevolg gehad het.  Die aanbiedings het met baie humor en skerts gepaard gegaan!

Kommunikasie en konflik in die huwelik is hierna bespreek. Die onderskeie gespreksvlakke het ook baie insig gebied in hoe diep verhoudings kan wees en hoe dit ‘n huwelik sal beinvloed.

Na ‘n heerlike aandete en ‘n kuier om die vuur, is almal weer byeengeroep vir ‘n sessie wat gehandel het oor verhoudingsbouers en hoe om natuurlike vyande in die huwelik uit te wis en mekaar op te bou en te versterk.

Die liefdestale was hierna die fokuspunt met ‘n vraelys vir elke persoon om vas te stel wat elke individu se spesifieke liefdestaal is. Daarna is daar veral klem gelê op intimiteit.

Sondagoggend was die kursusgangers gemotiveerd en reg vir die evalueringsgesprek wat kort na koffie en beskuit gevolg het.

Om ons heerlike naweek mee af te sluit, het ds Ben en Susan vir ons ‘n heerlike middagete voorberei met Schnitzels en groente.

Die naweek is ‘n moet vir enige egpaar, ongelukkig of tevrede, om ‘n dieper verhouding met hulle maat te bou en die belangrikheid van God in die huwelik weereens te besef.  Dankie Ds Ben en Susan!

Blok 3 Kuierfunksie Julie 2019

MY GEESTELIKE NALATENSKAP

Wat wil ek graag op my grafsteen geskryf sien staan?  Waarvoor wil ek onthou word? Ek leef in my strepies-tyd: die datum tussen my geboorte- en my sterfdag.  Is ek ‘n negatiewe, morbiede en klaerige mens, of is ek vol bydskap positief en ‘n vreugdevolle mens? Hoe lyk my geestelike nalatenskap? Is dit soos Christus ons geleer het om nie tydelik te dink nie, maar aan die ewigheid wat nog moet kom? Of is die stres van die lewe my morbiede leefpatroon?

Christus leer ons om lig in die donker wêreld te wees: ligtende lig! Bruikbaar in Sy koninkryk. Deur woord EN daad moet ek ‘n getuienis wees vir  Hom. Ons grootste impak wat ons op aarde nalaat, is die manier waarop ons ons kosbare kinders grootmaak.  Dit is ons eerste sendingveld.  Hulle na-aap alles wat ons doen. Christus het saam met mense geëet. Daar rondom die tafel het Hy mense geleer. Net so moet ons saam met ons kinders weer om ‘n etenstafel sit en met hulle praat en hulle leer.  Ons moet Bybel lees en studie doen oor wat die Here vir ons wil sê.

Ons moet dienend wees,opofferend lewe en voetewassers word.Ons vingerafdrukke moet op ander verskyn.Haal die fokus van jouself af en plaas dit op ander! Leef so, sodat ander God in my lewe raaksien.  Saai die saad, die Gees sal groei gee. Ek doen my beste, maar ek VERTROU nie my beste nie. Nee, ek vertrou op God! My geloof is nie ‘n selfdoen geloof nie, dit is die ontploffende krag waarmee God in ons werk.  Dit gee volharding, want ons is nie bedoel om ORNAMENTE te wees nie, maar INSTRUMENTE.  Lede van een liggaam. Leef dan so  dat daar op jou grafsteen sal staan: ware kind van God!

Dankie blok 3 vir ‘n fantastiese gesellige aand waar ons kon aansit by keurig gedekte tafels.  Dankie vir die bobotie, die malfapoeding en heerlike gluwein. Dankie aan Liezel Krause-Wiid vir die besondere lewendige aanbieding van hierdie verrykende tema.    

Dankie briewe 16 mei 2019

Baie dankie vir die lekker bederf wat ek ervaar het met my verjaardag!  Heerlike eetgoed en geloofsvriende om dit mee te deel.  Dit is so tipies van die gasvryheid van hierdie gemeente.  Hartlike dank Alet en Brenda vir julle harde werk en insette!

Ds Ben Fourie

 

Baie dankie!

Graag wil ons net baie dankie sê vir die mooi bootskappe en oproepe met Deon se heengaan, asook al die omgee van die lidmate.

 Ons het elke gebaar en oproep opreg waardeer.

Willie-Brown en Elize van der Walt

 

Dankie vir omgee liefde!

Die langverwagte en uitgestelde operasie is uiteindelik agter die rug.  Daar lê nog ‘n paar tawwe weke van herstel voor.

Die pad word korter gemaak en verfraai met die omgee-liefde van lidmate.

Dankie vir die raad en moed inpraat vooraf vir die makers wat al hierdeur is, kuiers in hospitaal met tydskif of bederf dingetjie.

Die middag toe ek tuis is besoek Elize en Ansie my namens die bestuur met ‘n heerlike tuisgebakte koek en die mooiste ruiker. En ek vrek oor blomme!

Dankie vir al die oproepe, gebede en whatsupp deur so baie.

Ek het die besoeke tuis waardeer en dit voel of ek in ‘n blomtuin sit, ook ‘n paar stoute vetmaakgoedjies in allerlei papertjies verskuil.

Dankie Brenda vir die reël van die smullekker etes wat vir 5 dae by ons huis afgelewer was. Baaskokke uit Kameeldrift.

Dankie aan my liewe man tussen jou werkprogram deur vir baie liefde en toewyding en hulp

Die omgee van en hulp van Nurse en Vivienne word ook waardeer.  Dankie vir julle geduld met my en van my take wat julle twee so ligweg uit my hande neem.

Ek beloof om getrou gehoorsaam te wees aan die doktersbevele en dan dv gou weer volspoed op dreef te wees.

Liefde uit ‘n dankbare hart.

Susan Fourie

 

 

 

Ds Ben Fourie

Ons is almal dankbaar om te sê dat Ben tuis is, maar met groot hartseer kan die doktors nie die prosedure voltooi nie aangesien dit sou kon uitloop op n hartaanval. Die probleem van die algroterwordende aneurisme is dus nie aangespreek nie.

Soos in ons almal se gebede weet ons dat God in beheer is, en ons gebed is aan Susan en Ds Ben om nou te gaan rus en saam met familie tyd te spandeer.

Ds Ben en Susan sal dus vanaf die 24ste Maart tot en met die 6de April met verlof wees. Ds Ben wil baie graag weer die 7de April vir die gemeente preek.

Die gemeentekamp is ook vanaf 12-14 April 2019.

Daarna gaan Ds Ben en Susan weer met verlof vanaf die 21ste April tot 4 Mei 2019. Hul dogter se babetjie word verwag in die tyd.

Ds Ben verjaar ook die 2de Mei en wil graag ook preek daardie naweek van 5 Mei.

Tannie Susan gaan ook na uitstelling van haar operasie die 6de Mei 2019 geopereer word in haar knieg waar sy dan vir 6 weke op herstel gaan wees….

Propenent Juan Minnie sal die dienste waarneem in die tyd; 14-28 April 2019

Ons almal in die gemeente wens julle ‘n wonderlike rus toe, ons wens julle ‘n voorspoedige reis toe!

Liefde groete

Benita Malan

Uit die kantoor!

Dankie brief

Aan die susters van die gemeente en ook Susan..

Dit is soooo lekker om bederf te word, elke verjaarsdag met ‘n bos blomme of ‘n geskenk, selfs ‘n “welkom by die kantoor”  kaartjie (na verlof), so ook die voorbereiding en kos aflewering tydens my herstel na ‘n operasie, maar nog meer hierdie afgelope seketaresse dag wat julle my so bederf het met ‘n pedicure by SkinPhD.

Ek kan net met eerlike opregtheid sê, dit was wonderlik en ek voel so bevoorreg om vir hierdie gemeente in die kantoor te werk, nie net oor al die bederf nie, maar ook oor al die vriendelikheid en liefde en omgee wat ek en my hele gesin ontvang van julle..

Julle is waarlik hartsmense vir wie ek so vinnig lief geword het.

God se vrede, wat meer is as wat ‘n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. Filippense 4:7

Baie liefde

Benita Malan (uit die kantoor)

11 Sept 2018

Ons deel Bybels uit 2018

Bybels uitgedeel in plakkerskamp
Digby GK Kameeldrift is Plot 175 – ‘n plakkerskamp met omtrent 4000 inwoners. In die kamp is daar ‘n sorgsentrum vir weeskinders asook kinders met spesiale behoeftes. Die naam is: ROVCC: Roodeplaat Orphans and Vulnerable Children Care centre.
Kameeldrift gemeente verskaf daagliks voedsel aan 230 kinders.
13
Buiten die voedsel, word hulle siele ook gevoed. Uit die pastorie word daar weeklikse lesse in Engels voorberei en deur Susan aangebied aan sekere van die sorgwerkers. Op hulle beurt benut hulle die geleentheid om die stof aan die kinders oor te dra.
Daar is gedurende die afgelope week 30 Engelse Bybels by die sentrum uitgedeel. Die Bybels word daar gehou en hulle werk so twee-twee daaruit wanneer die toerusting plaasvind.
Baie dankie aan die Bybelgenootskap wat hierdie poging so spoedig moontlik gemaak het!

Dankie brief

 

Liewe Gemeente, Ds Ben en Susan

Baie dankie vir jul gebede en die boodskappies wat ons gekry het met Mariëtte se  siekte.  Ook die gebede en al die drukkies wat ons gekry het met haar afsterwe.

Ons kan julle verseker dit het ons gedra deur al die hartseer.

Van Oom Dries en Tannie Nelie en familie….

11 Sept 2018

Baie dankie briewe Damesoggend 2018!

DANKIE-Sê BRIEF VAN:

31 Augustus 2018

Aan Susan en al die vroue (en manne agter die skerms) van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift.

Jan F. E. Cilliers het gedig: “Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan”.  Vir my is julle die verpersoonliking van ‘n vrou wat haar man kan staan. 

Tydens jul opwindende en hoogs suksesvolle Damesoggend op 18 Augustus is ek mateloos bekoor deur jul werkywer, kreatiwiteit, liefde, intelligensie, stylvolheid en welwillendheid. Ek kon die stille krag van vroue te midde van die sagtheid in die asemrowende saal aanvoel. Jul liefdevolle band en respek tussen die generasies is ‘n goue draad wat ‘n kosbare tapisserie weef en saamsnoer. Jul het my laat terugverlang na my kleintyd in die Kaapstad Dopperkerk toe alles veilig en koesterend was. Ek weet julle laat die kinders van die President Kruger Kinderhuise ook so voel.

Dalene Matthee skryf in Fiela se Kind dat God ons nie vergewe vir die sonde wat ons aan ‘n kind doen nie. Ek glo God seën julle vir die goeie wat julle aan die  kinderhuiskinders doen.

Met die vroue van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift sal ek oor die Drakensberge trek. Ek weet ons sal almal saam heelhuids anderkant uitkom – met jul Raap, Skraap en Na-aap Resepte onder die blad.

2+2=GROEN!! 

Liefde.

Elsabé Daneel.


Datum: 23/08/2018

 President Kruger Kinderhuise sê Dankie

Gereformeerde Kerk Kameeldrift

Mev Susan Fourie en die Kameeldrift Damestee Komitee,

Namens die bestuur, personeel en kinders van die President Kruger Kinderhuise, onsopregte dank en waardering vir jul ongelooflike passie vir die kinders van ons Kinderhuise.

Die 16de Kameeldrift Damestee was weer-eens ongelooflik goed gereel, beplan, mooi gemaak en aangebied.

Dankie vir die omgee-mense wat julle is. Ons het die grootste waardering vir dit wat julle met soveel liefde vir ons doen.

Met opregte dank

President Kruger Kinderhuise Bestuur, Personeel en Kinders

 

’n Spesiale getuienis van die Gideons 17 Julie 2018

WHY ARE YOU HERE?”

Dit is Maandagoggend. Ons plaas Bybels by skole in die platteland.

By die tweede skool kom ‘n onderwyseres vinnig aangestap

In verwondering vra:  “Why are you here?!”

Ons verduidelik dat ons die Evangelie van Jesus Christus versprei deur elke jaar skole te besoek en Bybels aan Graad 8 leerders oorhandig om op dié  manier siele vir Hom te wen.

Sy vra weer, hierdie keer dringend, “Why are you here, Sir?”

Ons verstaan nie mooi nie en vra hoekom vra sy dié vraag..

Sy verduidelik dat sy vorige Woensdag ‘n Bybelstudiegroepie by die skool begin het – sy is die enigste persoon in die groep wat ‘n Bybel het.

Die kinders wil baie graag hul eie Bybels hê.

Hulle sluit af met gebed. Hulle vra dat die Here asseblief Bybels sal voorsien.

Sy kon haar oë nie glo toe sy ons bakkie vol kartonne met Bybekls sien nie.

Ons is verstom. Ons verbasing gaan oor in dankbaarheid.

ONS DIEN ‘N GROOT GOD. ALLE EER AAN HOM WAT STEEDS IN BEHEER IS!

Mag God die saad wat ons gesaai het laat groei en vrug dra

  • ¦§

 

 

Baie Dankie...

Liewe Kameeldrift gemeente,

Doppers in diaspora

Dagsê Ben!

Ons twee hier in Kanada wil net vir jou baie dankie sê vir die wonderlike pitkos wat ons via die internet van jou ontvang. Elke boodskap is vir ons goudwerd!

Baie dankie

Lardus en Annette Erasmus

6 Julie 2018

 

Baie Dankie...

Liewe Kameeldrift gemeente,

Net ‘n ou briefie om vir julle duisend dankies te se vir die skenking wat julle vir ons gemaak het by Blymoedig.

Die Verversings (koek) en truie het handig te pas kom in die versorging van ons inwoners.

Weereens dankie dat julle met ons ‘n pad loop van goeie gesindheid en liefde.

Innige wardeering,

Liefderoete

Sr. Magda Botha

Geregistreerde Verpleegkundige

Namens Blymoedig bestuur en inwoners

28 Mei 2018

DANKIE vir die naweek!

Dankie vir almal wat so hartlik meegewerk het aan die Andries Vermeulen-aand. Daar het soveel gebeur – van die besprekings, drukwerk, kaartjies, plasings, bemarking, kry van saal, reël van kos, aanry van tafels en goedere tot die laataand-opruim!

Dit is moeilik om mense uit te sonder in die verband. Dankie komitee vir al die inspanning en moeite! Pieter Venter het leisels gevat, Susan het al die fyn detail uitgewerk en laat gebeur, elkeen het sy rol gespeel.

Dankie aan al die gashere/vroue van die tafels. Julle inspanning word besonder waardeer! Ons sal later nog meer inligting en dank deurgee sodra al die somme klaar gemaak is en die finale opbrengs bereken is.

********************************************************************

Dankie ook vir al die moeite met die Genadedag vieringe. Daar het net soveel dinge voor die tyd en tydens die verloop gebeur! Dankie vir die fyne detail van genade wat vir ons so sigbaar is en ons aan die hart gryp! Dankie weereens vir die volle komitee se werk olv Kobus Vorster en al die betrokkenes. Dankie vir die fyn versiering van tafels, keurige blomwerk en heerlike musiek!

Geagte Lede van die Gereformeerde Kerk Kameeldrift  -3 Mei 2018

Dit is vir Laerskool Die Poort baie lekker om te sê dat die “Broodjie Projek” waarby Die Gereformeerde Kerk Kameeldrift betrokke is, baie waarde toevoeg tot Laerskool Die Poort. Dit is vir ons baie aangenaam om te weet dat daar mense is wat saam met ons hande vat om in kinders se lewens te belê.

Hoe kan ons van kinders verwag om skolasties te vorder op `n leë maag? Mense wonder soms of `n broodjie nou regtig so `n groot verskil maak? Ons kan u egter verseker dat hierdie leerders baie afhanklik is van ander se hulp en definitief baie dankbaar is vir hulle daaglikse kospakkie. U gemeente dra dus by om ons onderwysers se hande te sterk. So kan ons saam die kinders liggaam, siel en gees voed.

Deur die projek word die behoefte regtig aangespreek en die behoeftige kindertjies is so opgewonde om die pakkies elke dag te ontvang. Dit word so waardeer. Ons spreek ook namens die kinders se ouers ons dank uit vir hierdie mooi gebaar.

Ons waardeer julle omgee baie.

Groete

Laerskool Die Poort se kinders, ouers en personeel

TOPIA

TOPIA het die voorreg gehad om Cachet se uitreikspan wat in die wintervakansie opleiding in Namibië wil doen, toe te rus. Daar was ook ‘n wonderlike geleentheid by die Pretoria Annlin gemeente waar lidmate en die uitreikspan van Annlin en Montanapoort begelei is om bybelse dissipelskap te herontdek en ander ook toe te rus om dissipels te maak.

Ons het ook Covenant College in Zambië gedurende Maart besoek. Daar is die eerstejaar studente begelei om bybelse dissipelskap te verstaan en aan ander te leer. In Augustus en September gaan bybelse wêreldbeskouing en diensknegleierskap aan die studente geleer word. Tydens Maart het Johannes ook as trustee die jaarvergadering van Covenant College bygewoon. As trustees is ons die Here innig dankbaar vir die leierskap by Covenant en die wonderlik groei en visie wat die afgelope jaar op bestuur- en opleidingsvlak by Covenant waargeneem kan word.

Die werkboekie wat ons oor bybelse dissipelskap saamgestel het, is ook baie populêr. Die boekie is die afgelope tyd verfyn en ons hoop dat dit binnekort vertaal sal word.

Daar het ook elke derde Vrydagaand ‘n TOPIA gebeds- en kuiergeleentheid plaasgevind. Dit gee ons die geleentheid om die Here te dank en voorbidding te doen oor wat in TOPIA gebeur. As gesin is dit ook lekker om saam met ander te kuier en waardeer ons die liefde van medegelowiges wat ook saam met ons wil bid.

Gedurende Mei en Junie gaan daar DV:

Bybelse dissipelskap by Waterkloofrand en Rooihuiskraal gemeentes aangebied word.

Wêreldbeskouing opleiding by MET (Missions Exposure and Training) gedoen word.

Thinus Herman gaan by Back to the Bible Missions naby Barberton opleiding doen.

Dreyer Potgieter, Oupa Nkouana en Louhan van der Linde gaan ook kerkleiers van die Evangelical Church in Malawi toe rus. Ons is dankbaar dat ons reeds die geld vir twee van die drie vliegtuigkaartjies het. Ons soek biddend nog na R6000 vir die laaste vliegtuigkaartjie.

Koninkryksbelegging

Indien jy geroepe voel om by TOPIA ’n koninkryksbelegging te maak, oorweeg asseblief om ‘n konstante maandelikse belegging te maak. Dit sal TOPIA help om vaste maandlikse betalings makliker te kan doen.

ABSA tjekrekening, TOPIA Tessa Trust, Takkode: 632005
Rekeningnommer: 4074089319

Gebede

Dank en prys die Here vir die opleiding wat gedoen is die afgelope kwartaal.

Dank die Here vir die gawes en middele wat aan TOPIA gegee is.

Doen aseblief voorbidding vir die opleiding wat beplan word.

Bid ook asseblief vir maandelikse geldelike steun vir TOPIA.

CHRISTUS HET OPGESTAAN – IN HOM, DEUR HOM EN VIR HOM!

Johannes, Lizanne, Lourens, Arina en Lizanné Aucamp

AANWENDING VAN SKENKING DMV VERKOOP VAN KOEKIES

 

 Die Transoranje Instituut vir Buitengewone Onderwys

Het aan die einde van 2017, vir die hoeveelste jaar, 30kg koekies ontvang wat verkoop is ter stuiwing van fondse.

Hierdie fondse is saam met ander fondse aangewend om skoolskoene aan te koop vir minderbevoor- regte kinders in die 5 Instituutskole nl:

Transoranje-skool vir Dowes * Prinshofskool vir Gesiggestremdes * Sonitusskool vir Gehoorgestremdes * Transvalia-skool vir Epilepsie en Leergestremdheid * Hoërskool Martie du Plessis vir Fisiese- en Leergestremdheid.

Aan die einde van 2017 kon 102 kinders nuwe skoene ontvang.

Die Vriend van die Instituut Toekenning word op 25 Mei 2018 toegeken aan die Susters vir hul jarelange ondersteuning aan die kind met ‘n spesiale onderwysbehoefte en dan in besonder die minderbevoorregte kind.

Sustersaamtrek 2018

 

Vroegoggend is 18 van Kameeldrift se susters in volle afwagting oppad na die jaarlikse sustersaamtrek aangebied deur die Gereformeerde Kerk Brooklyn. Dit is altyd ‘n dag vol pitkos en groot bederf.

Ons verwagtinge is nie teleurgestel nie! Wat ‘n vars en verrykende oggend. Ons is in die gerieflike fassiliteite van Wapadrand se kerkgebou verwelkom met broodjies en koffie bedien by vrolike groen geruite tafeldoekies en vetplantruikers wat oral as versiering gedien het. Ons ontvang elkeen ‘n groen geskenksak met allerlei interessanthede in en met die saamtrek embleem daarop gedruk.

Die tema vir die dag was: “Skuil onder die vleuels van God”.   Die spreker, dr Kobus vd Walt van die NWU en bekende natuurwetenskaplike, ook bekend vir sy program op RSG het op ‘n verrassend ander manier sy lesing aangebied. Deur sy wetenskaplike feite , foto’s en videos oor die wonder van die skepping het hy aansluiting gevind by die tema deur te sê: “So lyk die God onder wie se vleuels ons moet en kan skuil” . Hy het ons so beindruk dat ons hom gerëel het as spreker by blok 2 se sustersbyeenkoms op 19 April. Die manne word ook daarheen genooi . Almal moet dit sien en hoor!

Die Tukkie jeugkoor o.l.v Lhente-Mari was uitmuntend-vrolike kinderstemme in volle harmonie. Hulle het op die laaste wêreldkoorspele drie goue medaljes verower. Ook het die gebaretaal koor van Trans Oranje Skool vir dowes opgetree en gesorg vir baie emosie. Om saam met 600 ander susters in die geloof God te loof met sang is ook ‘n ervaring op sy eie.

Na afloop van die funksie is ‘n piekniekboksie aan ons uitgedeel vir middagete so kuier –kuier op die terras en gras. ‘n Heerlke ete met slaaie, koue mini –sosaties en ‘n gestolde nagereggie . Die boksies ook gedruk in groen met die embleem op.

Ons het elkeen met ‘n vetplantjie in ‘n blikkie huis toe gegaan as geskenk- ook dankbaar vir ‘n geesvervulde oggend met baie bederf en die heerlike weersiens van vriende wat mens net jaarliks by die saamtrek raakkuier

Dankie sê:

Dra asseblief ons groot dank en waardering uit teenoor die Vriendelike Kameeldrift susters dat hulle aan die mensies hier dink! Hulle is altyd so opgewonde en bly wanneer hulle lekker goedtjies van buite ontvang! Bid julle die Heer se seën en genade toe op julle wonderlike Koninkrykswerk

Blymoedige Kliniek

n Geseënde feestyd aan almal!

Dankie aan elkeen vir jou insette, deelname en harde werk in 2017! Ons het baie gawes uit God se hand ontvang waarmee ons kon woeker. Aan Hom al die eer daarvoor. Mag jy gekoester word en omarm in genade deur die boodskap van Kerstyd. Mag die saamwees met familie vir jou kosbaar wees. Lekker rus en ons bede is dat hierdie rus en die Blye Boodskap van die feesseisoen ons weer nuwe asem en nuwe energie sal gee om 2018 DV met entoesiasme uit God se hand te ontvang.

Mag ons almal steeds toeneem in geloof en groei in die LEEF van ons Nuwe LEWE

Dankie vir baie liefde

Ben en Susan vanuit die pastorie

Liewe vriende en geloofsgenote, My kinders en ek wil graag aan almal in die gemeente dankie sê vir al julle liefde, meelewing, boodskappe en simpatieke drukkies na Anna-Marie se oorlye. Julle moet weet: dit beteken vir ons só baie en dra ons deur die hierdie hartseer tyd. Soos is Galasiërs 6:2 geskryf staan: "Dra mekaar se laste en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus". Nogmaals baie dankie ook met die onderskraging tydens kleine Ané se geboorte en haar vordering in die neonatale sorgeenheid - julle sal haar een van die dae sien!!! Groete, Gert Enslin en gesin.

Tussen die skadus van die maanlig

Dit is ‘n redelik bekende feit dat storie-vertellers na afloop van hengel-uitstappies meeste van die tyd ‘n onakkurate estimasie van die werklikheid het: visse rek onrealisties groot of ontwikkel onmoontlik kreatiewe vermoëns om van hoeke te ontsnap. Nie in hierdie storie se geval nie, want my man het dit vertel en daar was buitendien nie visse by betrokke nie, dus is die moontlikheid vir die aanpassing van die waarheid baie min.
 
Hierdie verhaal speel af ‘n klompie jare gelede toe LIG Kinderbediening nog so half in sy kinderskoene was. Dit was in die dae toe my man nog nie gedink het dat 5 ure se ry in die rigting van Bloemhofdam te ver is vir ‘n naweek-visvanguitstappie saam met die tienerseuns nie. By Bloemhofdam se kampterrein is Jan-publiek se kamp-plekke relatief naby mekaar, wat beteken dat dit selfs vir ‘n man nodig is om maar die voetpaadjie na die ablusie-geriewe te volg wanneer nodig. So gebeur dit dan die Saterdagaand laat dat manlief en sy vriend in die voetpad val. Tydens hulle terugtog kom ‘n luide groepie seuns uit hulle eie geledere van voor af aangestap. Dit was redelik duidelik dat hierdie ouens nie in die minste bewus was van manlief en sy vriend se teenwoordigheid in hulle onmiddelike omgewing nie: alle vrome taalgebruik, waarmee hulle gewoonlik die Bybelklubpersoneel probeer beïndruk het, was nou letterlik deur die wind verwaai. Die woorde wat hierdie outjies nou gebruik het, was 100% net bedoel om mekaar te oortuig dat elkeen die ‘man onder die manne’ was – taal wat enige van my skooljuffrouens met groot gemak na die peperpot sou laat gryp. So met die loop saam het manlief se terglus saam met sy irritasie gegroei. Hy en sy vriend besluit toe om die geselskap agter ‘n boomstam te gaan staan en inwag. Die ouens stap nader. Die boomtakke gooi spook-agtige skadu’s in die maanlig. Maar dit maak nie saak nie: Dit is dapper manne… kyk hoe stap hul deur die veld… en daar is niks waarvoor hul skrik nie… behalwe miskien vir my man en sy maat… wat agter ‘n boom uitspring… met ‘n onderaardse gegil… is daar niks waarvoor hulle skrik nie.
 
Liewe leser: Het jy geweet dat dit moontlik is vir vyf macho-seuns om in tien verskillende rigtings gelyk die nag in te spaander, terwyl hulle soos meisies gil? Ek sê nou vir jou dit is heeltemal moontlik, want my man het dit vertel en hy jok nooit nie.
 
As die manne enige beserings tydens hulle wilde nagtelike vlug die bosse in opgedoen het, het hulle die volgende oggend geen sprak gesprook daaroor nie. Wie sal dan nou ook wil erken dat dit moontlik is dat selfs die dapperheid van die dapperste ‘manne onder manne’ moontlik algeheel kan verkrummel tussen die skadu’s van die maanlig?
 

Dankie aan al die dames van Gereformeerde Kerk Kameeldrift vir ‘n wonderlike damesoggend saam met julle. Julle het soveel moeite gedoen met die verhoog en die saal en ons het die wonderlikste geskenke ontvang. Dit is altyd ‘n voorreg!

Liewe Kameeldrift Gemeente

 

Hiermee wil ons julle bedank vir julle onbaatsugtige bydrae tot Janhu se mediese uitgawes. Julle het die laste op ons skouer baie ligter gemaak. Daar is geen woorde wat kan beskryf hoe dankbaar ons is vir julle ondersteuning en liefde wat julle aan ons betoon het nie. Ons waardeer dit uit ons harte uit.

 

Baie liefde Willem, Lelanie en Janhu Hamelink

31/08/2017

Hennie en Alet Enslin wil die gemeente wat ons bygestaan het tydens Hennie se siekte (oproepe, gebede, besoeke, kos, blomme en hartlike liefde) hartlik bedank vir hul onbaatsigte hulp. Die bystand word innig waardeer….

Baie liefde Hennie en Alet.

31/08/2017

Die President Kruger kinderhuise sê dankie !!

Hoe bedank n mens iemand sodat dit die regte waarde toevoeg tot die opregte dankbaarheid wat ons hier by die kinderhuise beleef teenoor Kameeldrift Gereformeerde kerk se susters vir die aanbied van die jaarlikse Damestee ten bate van ons Gereformeerde kinderhuise? Dit was die gesprek wat die laaste twee weke hier onder ons personeel en bestuur alle gesprekke oorheers het. Dankiesê , is so n kort woord en voel asof dit nie die omvang en glans van die damestee genoegsaam  in perspektief bring nie.

Aan die komitee  van die Dames Oggendtee , ons opregte dank en waardering vir al die harde werk , beplanning , reëlings , bestuur en alles wat daarmee gepaart gaan , om so n glansgeleentheid te kan laat plaasvind. Dankie ook aan elke gasvrou en hulle gaste uit Kameeldrift gemeente asook al die broeders wat die komitee in die verband bygestaan het. Hierdie jaar was dit die 15 de jaar wat die oggendtee ten bate van die kinderhuise aangebied was en  sonder  enige afbreek aan die vorige geleenthede , net nog Groter en Mooier . Die President Krugerkinderhuise vereenselwig ons graag met hierdie praggeleentheid wat ook n vertoonvenster van Kameeldriftgemeente se betrokkenheid in die gemeenskap is. Die Fondse wat ons jaarliks met dankbaarheid dmv hierdie Damestee ontvang ,word gebruik vir die  bedryfsuitgawes van die twee President Krugerkinderhuise. Ons is dus baie afhanklik van hierdie fondse vanuit ons kerkverband en daarom soveel meer dank aan die susters van Kameeldriftgemeente en die Komitee aan die stuur !

Dankbare groete

Kobus Vorster

Bestuurder Pretoria

NMS: President Kruger Kinderhuise : Pretoria /Reddersburg

31/08/2017

Kommentaar van ‘n gasvrou van waterkloofrand-gemeente

Dra asb my dank ook oor aan almal wat betrokkenheid gehad het met die reëlings van Saterdag se funksie. Puik en sommer net lekker om Vrouwees met `n doel op so `n feestelike wyse te kon vier.

Weereens was dit net een groot plesier om teenwoordig te kon wees en om direkte deelname te hê deur `n tafel te kon tooi, nog te meer! Dankie vir die gasvrou geskenke. Altyd met groot waardering ontvang.

Sheri se woorde en haar versugtinge bly nog oor en oor in my kop weerklink. Merkwaardige jong vrou. Die kort skets vooraf so pittig. Sy is goed en dink almal het haar geniet. Die 3 menere, stuitig, mooi stemme maar net so lekker ontspannend en hulleself.

“ Baie dankie dat jy ons so bederf het!. Na so `n dag vol positiewe energie kan mens nie anders as om op wolke te loop nie. Ek het dit sooooo nodig gehad.” – een van my gaste aan my tafel.

……..My man is sommer jaloers op my vrolikheid en vra dat ek asb dit elke Saterdag moet inkry, wat dit ookal was! – nog kommentaar.

Ai man Marianna dit was nou `n oggend propvol lekkerkry. Jou ewig dankbaar dat jy aan my gedink het. Ek bespreek my sitplekkie aan jou tafel beslis vir volgende jaar. Asseblief! – kommentaar v gas.

Ek kry persoonlik soveel uit hierdie hoogtepunt van my dagboek elke jaar. Julle keuse van sprekers, kunstenaars, ag net die totale samestelling van die program, met die gesin Fourie in hierdie produksie, soos Bennie Fourie dit ook in die regte lewe sou aanpak. Wilbrie en die gasverskyning v broer Bennie, so vars en lig! Wilbrie is soos `n gas opgemerk het – “n regte tonic! (inderdaad so met sy skerp opmerkings. Baie baie snaaks)

Damesoggend 2017 was voorwaar `n FEESTELIKE geleentheid.

Gereformeerde Kerk Kameeldrift het op 20 Augustus 2016 ‘n spoggerige Damestee ten bate van ons Kinderhuise aangebied. Wat ‘n wonderlike geleentheid! Baie dankie aan een en elk se bydrae

To

April 21, 2012 ·

 Thanks for the hospitality Gereformeerde Kerk Kameeldrift, we enjoyed the “Indiese gemeente kuier avond”!!! Still, rugbyrules are difficult to understand.

Dynamic Women for Children

Baie Dankie aan die Gereformeerde Kerk Kameeldrift, Ben Fourie (Susan Fourie) en Anonieme skenker vir die Tuisgebakte Koekies vir elke gesin wat deel is van DWFC Privaat Sorg sentrum.