Op hemelvaartdag (Donderdag 17 Mei 2012) word daar DV ’n erediens in die kerkgebou van die Gereformeerde Kerke Magalieskruin en Montanapoort gehou. U word hartlik uitgenooi na hierdie geleentheid.
Vanaf 18:50 is daar samesang en die erediens begin om 19:00. Die erediens vind onder toesig van die kerkraad van Pretoria-Magalieskruin plaas. Die voorganger hierdie jaar is ds EJ (Rassie) Smit, emeritus-predikant van Pretoria-Magalieskruin.
Die susters nooi u uit vir ’n koppie tee of koffie en verversings in die kerksaal na die erediens. Kom benut die geleentheid vir ’n saamkuier!

