Die Gereformeerde Kerk Kameeldrift verlig ons omgewing deur;

Geesvervulde, Christus-Gesentreerde, Evangelie-Gedrewe en Biddende Kerk te wees.

Christus is die Hoof van die kerk, so Glo ons. Tans onder leiding van Ds Johannes Aucamp, is die ouderlinge en diakens ‘n gedugte span wat wet en orde in die gemeente handhaaf. Ons is baie opgewonde dat jy ons besoek. Mag jou besoek verrykend wees en ons sien uit na jou volgende besoeke. Vertel asb vir jou medelidmate en vriende van ons webblad en moedig hulle aan om ons ook te besoek en van ons dienste gebruik te maak. Ons verwelkom enige terugvoer wat ons webblad kan verbeter. Ons onderskryf vyf beginsels van die Reformasie Aan God alleen die eer ~ Soli Deo Gloria Deur Christus alleen ~ Solo Christo Slegs deur genade ~ Sola Gratia Slegs die Skrif ~ Sola Scriptura Slegs deur geloof ~ Sola Fide

Aankondigings

 


Oggenddienste en aanddienste is tradisioneel van aard. Dit is ook tydens hierdie dienste wat sakramente bedien word op lidmate (insluitend nagmaal en die doop).

Nagmaal:

Nagmaal word kwartaaliks bedien. Eredienste begin om 09H00. Om uit te vind wanneer die volgende Nagmaal plaasvind, gaan kyk op die jaarprogram 2020.

Doop:

Die doop kan enige Sondag bedien word afhangende van die behoefte.

Gesamentlike eredienste op Goeie Vrydag, Hemelvaart, Geloftedag, Kersdag en Oujaarsdag word vooraf gereël, en eredienstye verskyn op die Jaarprogram. 


Julle dankoffers en ondersteuning is noodsaaklik in hierdie tyd.  Betaal jou bydrae direk in die kerk se rekening in:  

Kerk Kameeldrift:

ABSA tjek:  1430 340 154

Facebook

Besoek ons ook op facebook vir meer fotos....

Adres: Gereformeerde Kerk, (hoek van ) Spioenkop afdraai, 308 Tambotie weg, Kameeldrift Oos, Pretoria